|
Walgwors was Casper de Vries se eerste volwaardige one man show omdat hy letterlik alleen, sonder 'n orkes, op die verhoog verskyn het, en die resultaat was 'n skreeusnaakse opvoering waarmee hy ongekende sukses bereik het regoor Suid-Afrika en 'n nuwe fase in sy loopbaan ingelui het! Hierdie unieke vertoning het nog glad nie sy trefkrag verloor nie - en na al die jare is dit nog steeds kraakvars, sosiaal relevant en broeknatmaak snaaks. Geniet Casper de Vries op sy beste in die show wat al klaar kultus status bereik het - Walgwors! Daar is ook heelwat genotvolle ekstras op hierdie hermeesterde DVD-vrystelling - Kommentaar Tracks deur Casper de Vries, Musiekvideo - Dom Dom Dominee en Voor Die Wors (onderhoud oor Casper se loopbaan tot en met Walgwors).
|