|
"Die show is goed, beter, Casper."
"Dit was lekker om vir Montelle in lewende lywe te sien en Patience was natuurlik die kersie op die koek! Dankie vir 'n great show en ek sien al klaar uit na volgende jaar sin!"
"Ek dog ek skryf 'n paar lyne om dankie te sê vir die Snaaks Genoeg show wat ek voel meer as uitstekend was! Dit is die eerste keer dat ek een van jou shows kon bywoon, en ek sal nooit weer so lank ek lewe en dit fisies moontlik is 'n show in my area mis nie!"
"Liewe wonderlike, fantastiese, aangename fenomeen Casper. Weereens is ons gebom-bardeer deur grappe wat asma-aanvalle en ligkoppigheid veroorsaak het van al die lag. Grappe wat net jy kan uitdink. Die Unieke Casper Humor."
"Jy maak elke show - al het hoe baie mense dit nou al gesien - asof dit jou eerste een is. Dankie daarvoor. En op 'n snaakse manier het ek uit die teater uitgeloop en nagedink oor wat jy gesê het. Daar was êrens iets vir almal."
EXTRAS sluit in AGTER SNAAKS GENOEG - 'n Interessante dokkie waarin die toer gevolg word na byna elke teater waar die show aangebied was en kykers 'n idee gee van wat agter die skerms aangegaan het, wie almal saamgewerk het om dit 'n sukses te maak, en wat alles en in die foyers gesê is! (75 minute), BLOOPERS - Foute wat gemaak is tydens die sketse sowel as die live show asook GROET MY KARAOKE - Nou kan jy Groet My saam met Casper doen!
|