|
So begin Casper de Vries se nuutste teatervertoning My Węreld, waarin hy spot met die heelal se begin, die heelal se einde, en sommer alles tussen-in ('n hele paar biljoen jaar se humor dus!). In die eerste helfte gesels hy 'n skeutjie Land en 'n akseltjie Sand met die gehoor terwyl hy terselftertyd 'n nuwe vertoning moet voorberei vir die Wesens wat op Aarde geland het. In die tweede helfte word hierdie einste vertoning opgevoer vir die Ruimtelike gaste. 'n Bietjie verbeelding en 'n gesonde sin vir humor is al wat jy nodig het om saam met die mense van Bloemfontein My Węreld te geniet, soos wat dit opgevoer was in die Sand du Plessis-teater in November 2005. Behalwe vir die vertoning is daar ook 3 reisprogramme wat verslag doen oor Casper en sy crew se wedervaringe in London, Holland en Kanada. Die gebruiklike Bloopers is ook weer daar!
|