|
Toet & Taal is die suksesvolle 1999 vertoning van Casper de Vries, en het landwyd getoer na sy bekende WalgWors (97) en Wetter (98) vertonings. In hierdie opvoering (opgeneem in die ArtsCape Drama teater) kyk De Vries na die afgelope 100 000 jaar van die mens se ontwikkeling, asook na die moontlikhede wat op ons wag in die nabye toekoms.
Die nuwe millennium was op almal se lippe in 1999, en daarom vat Casper die gehoor tydens die vertoning 1000 terug, na die vorige eeuwisseling wat later bekend gestaan het as die Middeleeue. Hy ondersoek verder (onder andere) Nostradamus, blinde krieket, Afrikaanse televisie-advertensies, Liposuction, DisneyWorld en die Afrikaanse woordeboek.
Die vertoning bestaan ook uit skreeusnaakse sketse met spesiale verskynings deur Henriëtta Gryffenberg, Johan Stemmet, Jozua van der Lugt, Johan van Rensburg en Gigi Strydom.
EXTRAS sluit in Mara en Omo Bloopers, Oorspronklike Trommel Episode en
Vertel Gizelle - Die Temas van Toet & Taal (gesprek met Casper)
|