 |
Toe ek op 25 Julie nog niks van die (deurie-k*k) poskantoor ontvang het om my Mondig DVD te gaan afhaal nie, het ek met die order nommer die laaaaaaang (en donker) ry by die Sasolburgse poskantoor aangedurf... Die gawe kerel agter die toonbank het toe my pakkie vir my gaan kry (dit het so 'n wit leuentjie ook gekos). Maar nou ja, wat Casper-fans nie als sal doen om hul hande op 'n Mondig DVD te kry nie!!! Ek het dit sedertien seker al 7 keer gekyk en ek voel hoe my maagspiere net sterker word! Thanx Casper vir nog 'n great show, hoop om jou gou weer live te sien! Sodat ek die regte Mondig cover kan kry soos jy ons belowe het! Keep it up! Cheers
Rating: [5 of 5 Stars!] |
 |
|