Shopping cart is empty.

Dimensie - R114.00 VAT incl.

Dimensie

Casper de Vries se kontroversiële en hoogs sukses-volle one-man-show Dimensie is op 1 April 2002 opgeneem by die KKNK. Dit was ook die heel laaste opvoering van dié gewilde vertoning na ’n landswye toer van 8 maande en 130 uitverkoopte optredes. Mense het óf gerave oor die stuk, óf hulle het dit skokkend gevind. Boodskappe op Casper se website www.casperdevries.com het gewissel van "ek skryf om dankie te sê vir jou show - dis briljant" tot "nadat ek jou godslasterlike nuwe show gesien het, sien jy my (en my vriende) nooit weer nie!" Casper se opinie oor Dimensie is dat sy vertonings nie net gemik is op mense se lagspiere nie, maar ook op hulle breinlobbe. Hy wil hê sy gehoor moet op ’n humoristiese manier kan nadink oor die dinge wat in die wêreld, en meer spesifiek in Suid-Afrika, gebeur. "Dit is my mees suksesvolle en bevredigendste show tot op hede, en een waarop ek geweldig trots is. Die songs is great en die onderwerpe baie stimulerend". Geniet ook ’n spesiale klankbaan met kommentaar van Casper, Oom Kallie Marie en Montelle op hierdie dvd.

You may also be interested in these products below:

Casper Rasper Combo

Casper Rasper Combo - R114.00 VAT incl.

Met die Casper Rasper 3-reeks DVD Combo is al die beste sketse van die 3 reekse nou op een DVD pakket beskikbaar. Hierdie 2007 her-vrystelling bevat al jou gunstellinge uit die 3 reekse, asook nuwe footage wat voorheen nog nooit vrygestel is nie.

Mondig

Mondig - R114.00 VAT incl.

Casper de Vries vermaak ons al vir die laaste 21 jaar vanaf die verhoog en televisie. Ter viering van hierdie suksesvolle, langdurende loopbaan bied hy met trots sy nuutste vertoning aan: Mondig.

Wetter

Wetter - R114.00 VAT incl.

South Africa's wickedest satirist is back with a tongue so sharp it could slice through ice. De Vries knows his onions, and remains one of the few comedians who take salacity to the utmost limit without giving the slightest offence.

Write a review

Nee Baie!

Captcha Image

Share with a friend

Captcha Image
Categories
img
Categories
img
Categories
img