Shopping cart is empty.

Laat daar lag wees - R114.00 VAT incl.

Laat daar lag wees

Laat Daar Lag Wees was Casper de Vries se gewilde Afrikaanse one-man show wat vol sale getrek het regoor Suid-Afrika in die jaar 2000. Hierdie aanbieding is 'n vrolike, kleurvolle teateropvoering, volgestop met uitstekende nuwe liedjies, lekker loslit dansers, asemrowende beligting en meer as twee ure van De Vries se eiesoortige humor!

Hier is van die e-mails wat sy ondersteuners geskryf het nadat hulle die vertoning gesien het:

"Ek het jou show in die Kleinteater gaan kyk en was nat gelag aan die einde... Karen"

"Jou beste show ooit. Geniet die karakters wat jy uit vorige shows terugbring... Cronje"

"Jy het definitief 'n juweel in my lewe agtergelaat met jou show wat ek vir altyd sal onthou. Ek het die meeste gehou van Oom Kallie Marie, Montelle die Koffiemoffie, en Greetje Appelmoes (bly sy is terug!)..." Christiaan

"Ons wil almal sê dit was wonderlik, voortreflik en ongelooflik snaaks!!! Hou so aan, sonder jou sal ons vergaan!" Jackie

"Ek is mal oor jou filosofie oor die lewe, jou denkwyse en dat jy een van die min "ingenius" sterre in ons land is!" Morné

"Jou show het alweer geslaag om my maagspiere sulke spastiese rukkings te gee!" Paul

"Deur veral die laaste 3 vertonings is daar myns insiens (Casper mag dalk verskil, en die Beeld en Burger sou nie opgelet het nie) 'n ontwikkeling te bespeur in die intellektuele diepte van sy shows, waarskynlik ook weerspieël in sy gehoor. Daar is effe minder losstaande snaaksighede, en al hoe meer skerp, dringende sosiale kommentaar toegedraai in briljante humor wat sy gehoor challenge. (Of dalk word ek self meer volwasse?) Dit is tegelyk snaaks en uitdagend, en hopelik het die diepere betekenisse meer mense bygebly..." Hans

"Ons het jou show terdeë geniet. Hou so aan! Ek dink mense is partymaal soos skape, Hulle volg maar net agterna, maar so nou en dan is daar iemand wat die skape laat stop en opkyk en dan sê hulle: "O fok! Ons het nie besef dit is eintlik so nie!" Nou ja, dankie dat jy die guts het om die "wolf" in skaapklere te wees en die skapies in die land op jou unieke manier die lig/lag te laat sien... Markus

You may also be interested in these products below:

Broeders Ancestors

Broeders Ancestors - R114.00 VAT incl.

Ja - inderdaad - die Eiland van Casparia. Oom Kallie, Hanno, Blertsie, Patience, Greetje, Renier Ferreira, Gizelle en Montelle, die hele gespuis, is sak en pak na die Eiland van Casparia waar hulle ’n nuwe nedersetting begin.

Mondig

Mondig - R114.00 VAT incl.

Casper de Vries vermaak ons al vir die laaste 21 jaar vanaf die verhoog en televisie. Ter viering van hierdie suksesvolle, langdurende loopbaan bied hy met trots sy nuutste vertoning aan: Mondig.

Wetter

Wetter - R114.00 VAT incl.

South Africa's wickedest satirist is back with a tongue so sharp it could slice through ice. De Vries knows his onions, and remains one of the few comedians who take salacity to the utmost limit without giving the slightest offence.

Write a review

Nee Baie!

Captcha Image

Share with a friend

Captcha Image
Categories
img
Categories
img
Categories
img