Shopping cart is empty.

Mondig - R114.00 VAT incl.

Mondig

Casper de Vries vermaak ons al vir die laaste 21 jaar vanaf die verhoog en televisie. Ter viering van hierdie suksesvolle, langdurende loopbaan bied hy met trots sy nuutste vertoning aan: Mondig.

In hierdie 2 en ‘n half-uur lange vertoning kan jy Casper op sy beste sien - verwag vlymskerp kommentaar oor aktuele onderwerpe aangevul deur terugblikke op Casper se lewe en loopbaan, wat met behulp van goeie multimedia (musiek, fotografie, videos en 'props') 'n veelkleurige, interessante reis deur 21 jaar van kwinkslae en satire word.

Al die gunsteling karakters is daar - die agentaggentaggentag-jarige Oom Kallie Marie, bekkige Patience, kamp Montelle, stomme Blertsie, kommin maar komiese Hanno Gelderblom asook Casper se ou handlanger Greetje Appelmoes en meer onlangse toevoegings tot die 'cast' maak almal 'n draai. Hulle is soos te verwagte nie op hul bekke geval nie. Elkeen het 'n stuiwer by te dra tot die kollektiewe beurs, en danksy moderne tegnologie kan Casper heel interaktief en op vermaaklike wyse met die uitgesproke karakters omgaan.

'Mondig' mag dalk nie vir sensitiewe siele bedoel wees nie, maar Casper se aanhangers sal lag dat die trane rol.

You may also be interested in these products below:

Dimensie

Dimensie - R114.00 VAT incl.

Casper de Vries se kontroversiële en hoogs sukses-volle one-man-show Dimensie is op 1 April 2002 opgeneem by die KKNK. Dit was ook die heel laaste opvoering van dié gewilde vertoning na ’n landswye toer van 8 maande en 130 uitverkoopte optredes.

Snaaks Genoeg

Snaaks Genoeg - R114.00 VAT incl.

EXTRAS sluit in AGTER SNAAKS GENOEG - 'n Interessante dokkie waarin die toer gevolg word na byna elke teater waar die show aangebied was en kykers 'n idee gee van wat agter die skerms aangegaan het, wie almal saamgewerk het om dit 'n sukses te maak.

Walgwors

Walgwors - R114.00 VAT incl.

Walgwors was Casper de Vries se eerste volwaardige one man show omdat hy letterlik alleen, sonder 'n orkes, op die verhoog verskyn het, en die resultaat was 'n skreeusnaakse opvoering waarmee hy ongekende sukses bereik het regoor Suid-Afrika en 'n nuwe ..

Write a review

Nee Baie!

Captcha Image

Share with a friend

Captcha Image
Categories
img
Categories
img
Categories
Sharon Bodenstein commented on 20-Jun-2011 04:39 PM5 out of 5 stars
Ek dink dis baie goed ek kon net nie ophou lag nie al was die aand voor die tyd baie baie lank en ek en my vriendin uiters moeg. Ons het gelag soos geen ander nie. Cassie jy is great love jou shows!
Annalize Jonker commented on 20-Jun-2011 04:24 PM5 out of 5 stars
Ou Cassie, ek kon ook nie jou mondig show gaan kyk het nie en was behoorlik verpletter, aangesien ek nog nooit by een van jou shows was nie. Gelukkig het die DVD 100% daarvoor opgemaak, al sou ek jou graag in lewende lywe wou sien. Weereens het jy my voete
onder my uitgeslaan met 'n FANTASMAGORIESE vertoning, al het dit beteken jy moes deur 'n midlife cricis gaan. Moet sê, jy het wonderlik herstel. Jy's wragties die enigste ou wat ek ken wat my kan laat lag oor die stand van sake in ons ou landjie. Doet zo voort!!!
Pieter Nel commented on 20-Jun-2011 04:17 PM5 out of 5 stars
Ek het hierdie show van Casper gemis om onvoorsiene (ek sit in die Vrystaat, eensaam en verlate) omstandigehede... Dus het ek dit gepre-order en het dit sopas kla gekyk sommer met die soek van die koek en al! GREAT! Lanklaas so gelag soos met die skets
oor "waar Casper aan al sy kak kom"! Was ook lekker om al die karakters weer te sien! Patience is altyd 'n favourite en het beslis meer screentime verdien, maar Montelle het beslis opgemaak. Thnx Casper vir die fan-f*ing-tastic show! Ek sit in spanning en
wag vir die volgende een!
Phillip Olivier commented on 20-Jun-2011 04:08 PM5 out of 5 stars
Toe ek op 25 Julie nog niks van die (deurie-k*k) poskantoor ontvang het om my Mondig DVD te gaan afhaal nie, het ek met die order nommer die laaaaaaang (en donker) ry by die Sasolburgse poskantoor aangedurf... Die gawe kerel agter die toonbank het toe
my pakkie vir my gaan kry (dit het so 'n wit leuentjie ook gekos). Maar nou ja, wat Casper-fans nie als sal doen om hul hande op 'n Mondig DVD te kry nie!!! Ek het dit sedertien seker al 7 keer gekyk en ek voel hoe my maagspiere net sterker word! Thanx Casper
vir nog 'n great show, hoop om jou gou weer live te sien! Sodat ek die regte Mondig cover kan kry soos jy ons belowe het! Keep it up! Cheers
img