Shopping cart is empty.

Toet en Taal - R114.00 VAT incl.

Toet en Taal

Toet & Taal is die suksesvolle 1999 vertoning van Casper de Vries, en het landwyd getoer na sy bekende WalgWors (97) en Wetter (98) vertonings. In hierdie opvoering (opgeneem in die ArtsCape Drama teater) kyk De Vries na die afgelope 100 000 jaar van die mens se ontwikkeling, asook na die moontlikhede wat op ons wag in die nabye toekoms.

Die nuwe millennium was op almal se lippe in 1999, en daarom vat Casper die gehoor tydens die vertoning 1000 terug, na die vorige eeuwisseling wat later bekend gestaan het as die Middeleeue. Hy ondersoek verder (onder andere) Nostradamus, blinde krieket, Afrikaanse televisie-advertensies, Liposuction, DisneyWorld en die Afrikaanse woordeboek.

Die vertoning bestaan ook uit skreeusnaakse sketse met spesiale verskynings deur Henriëtta Gryffenberg, Johan Stemmet, Jozua van der Lugt, Johan van Rensburg en Gigi Strydom.

EXTRAS sluit in Mara en Omo Bloopers, Oorspronklike Trommel Episode en Vertel Gizelle - Die Temas van Toet & Taal (gesprek met Casper)

You may also be interested in these products below:

Casper Rasper Combo

Casper Rasper Combo - R114.00 VAT incl.

Met die Casper Rasper 3-reeks DVD Combo is al die beste sketse van die 3 reekse nou op een DVD pakket beskikbaar. Hierdie 2007 her-vrystelling bevat al jou gunstellinge uit die 3 reekse, asook nuwe footage wat voorheen nog nooit vrygestel is nie.

Haak and Steek-reeks

Haak and Steek-reeks - R114.00 VAT incl.

HAAK & STEEK het ontstaan as weeklikse send-up sepie-sketse op die gewilde CasperRasper Show. Die potensiaal vir 'n onafhanklike storie was net te groot om te ignoreer, en in 2003 tref 'n volwaardige HAAK & STEEK-reeks kykNET en MNET.

Mondig

Mondig - R114.00 VAT incl.

Casper de Vries vermaak ons al vir die laaste 21 jaar vanaf die verhoog en televisie. Ter viering van hierdie suksesvolle, langdurende loopbaan bied hy met trots sy nuutste vertoning aan: Mondig.

Write a review

Nee Baie!

Captcha Image

Share with a friend

Captcha Image
Categories
img
Categories
img
Categories
img